Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.
HALLO
Tuis
Ons lesers sê • Stuur ’n e-pos na redakteur@tuis.co.za en tik in die onderwerpreël: Brieweblad. Gesels saam by facebook.com/tuistydskrif, of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag. Verstrek asseblief jou naam en van, asook die naam van jou dorp, wanneer jy aan ons skryf.
Saam met die grein • Gebruik warm, verwelkomende houtskakerings om elegansie, diepte en tekstuur aan jou leefruimtes te verleen.
Wat’s nuut • Stuur dekor- en leefstylnuus na johane.neilson@tuis.co.za.
Om ’n ou peerboom • Toe een argitek die kans kry om die Stanfordse huis te koop van ’n ander argitek, die wêreldbekende Michael Sutton, het sy nie op haar laat wag nie.
In harmonie met die verlede • ’n Verwaarloosde Victoriaanse huis is nou ’n outentieke gesinswoning danksy ’n egpaar wat hope ondernemingsgees het asook ’n passie vir karaktervolle geboue met geskiedenis.
Een met die aarde • ’n Huis hoog bo McGregor is ’n toonbeeld van die argitek-ikoon Gawie Fagan se ontwerpbeginsels van eenvoud en harmonie met die omgewing.
ONTWERP & WEN JOU DROOMKOMBUIS! • Skryf in vir die Milestone Kitchens Dream Design-kompetisie en jy kan die wenner wees van vrystaande eenhede ter waarde van R100 000!
Kombuise WAT DIE KOPPE LAAT DRAAI • Van ontwerperkombuise tot ’n indrukwekkende selfdoenprojek – kry inspirasie wat by jóú styl pas.
Kom saam winkels toe!
In Pretoria se pronkstraat • ’n Argitekshuis uit die vyftigerjare in Herbert Bakerstraat is in ere herstel danksy uitsonderlike visie – met ’n welverdiende toekenning as beloning.
HIER’S DIE BESTES! • Die wenners van 2025 se Regruk met flair- kompetisie in samewerking met Gelmar het een ding in gemeen: Hulle weet hoe om in gerief én styl te leef.
Vra die kenners • Op soek na kussings wat ’n stylstelling maak of idees vir speelse en onvoorspelbare dekor? Vra net – ons kry die antwoorde.
Dieremaniere
Tuindagboek
BLOKRAAI #190
’n Lushof van rose • ’n Verwoestende haelstorm het aan die Clarks die geleentheid gebied om die roostuin van hulle drome te skep!
Pluk vir die pot • Met baie son – en ’n goeie skeut optimisme – kan jy jou eie snyblomme in jou tuin kweek.
Vul, VOU en smul! • Met ’n verruklike vulsel is klaargekoopte tortillas, roti’s en blaardeeg jou geheime wapen vir lekker eet, maak nie saak wat die okkasie is nie.
Kaneelrolletjies • Dié soet broodjies word met kaneelsuiker, botter en sjokolade gevul en dan in ’n weelderige roomkaasversiersel gebaai vir ’n onweerstaanbare bederf.
Ontbyt is op die tafel!
Kos & drank
’n Oproep na Mannetjies Roux • Uit die onskuldigste vrae van ’n kind, skryf Karin Brynard, trap jy soms groot lewenswaarhede raak.